banner

 

 

Address by President Nelson Mandela during a visit to the Potchefstroom University, Potchefstroom

19 February 1996

Geagte Voorsitter;
Geagte Professore en Dosente;
Studente;
Dames en Here,

Baie dankie vir die uitnoding om weer u pragtige en historiese dorp te kan besoek; en om u, die studente en ander lede van hierdie tradisie-ryke universiteit, te kan toespraak.

Potchefstroom is darem 'n bietjie groter as Alice in die Oos-Kaap; maar as een wat my universiteitslewe op daardie Oos-Kaapse dorpie begin het, weet ek hoe 'n blywende indruk 'n klein universiteitsdorp op 'n mens laat, en hoe vormend op 'n mens se karakter die lewe in so universiteitsdorpie kan wees. In 'n sekere sin keer ek dus terug huis toe wanneer ek vandag hierdie kleinerige universiteitsdorp besoek. Ek bedank u vir die geleentheid, en vir die gasvryheid waarmee u my ontvang en my laat tuis voel.

En miskien moet ons vandag 'n bietjie praat oor "huis", oor tuis-wees", en oor "behuisdheid".

Want waarmee ons wesenlik besig is in hierdie uitdagende en opwindende tye van nasiebou, versoening en transformasie, is om te bou aan'n nuwe gesamentlike huis vir ons almal as Suid-Afrikaners; 'n plek waar ons mt al ons verskeidenheid van ras en etniese afkoms, taak en kultuur, geloof en opvattings, en van indiwiduele voorkeure en orientasies, tuis kan voel; en waarin elke persoon 'n versekerde gevoel van behuisdheid sal he, seker in die wete dat hy of sy veilig is, dat daar werksgeleenthede bestgaan, dat in basiese lewensbehoeftes voorsien word, dat daar gelykheid van voorregte en geleenthede bestaan.

Ek besef dat Potchefstroomse Universiteit nie meer uitsluitlik vir Afrikaners is nie, maar laat my tog toe om 'n paar woorde spesifiek te rig aan die tradisionele gemeenskap van die universiteit.

Die nuwe patriotisme waarvan ons verlede week in die Parlement gepraat het, behels onder andere dat elkeen van onsself afvra wat ons bydra om van daardie gesamentlike huis van voorspoed en vrede 'n werklikheid te maak: u die jeug; u, as Afrikaner; u as 'n universiteit.

Daar is by myt geen twyfel nie dat u - jong Afrikaners soos wat u vanmiddag hier voor my sit - 'n besondere en sentrale bydrae kan maak tot die ontwikkeling van ons Suid-Afrikaanse nasie. Wat daarin van kern-belang is - ook vir u eie volgehoue ontwikkeling - is dat u deel moet bly van die hoofstroom van die Suid-Afrikaanse ekonomiese en politieke wereld; daar is werklik geen lewenskragtige toekoms vir enigeen in norse onttrekking en afsondering nie. En jong Afrikaners, wat die meerderheid is van die jongmense in hierdie saal, het te veel potensiaal en u kan te veel bied vir die land om toe te laat dat u gemarginaliseer word.

Laat ek herhaal wat ek in die Parlement gese het. Die uitdaging van die nuwe Suid-Afrikaanse partriotisme is nie een van 'n keuse tussen Afrikanerskap en Suid-Afrikanerskap nie. Dit gaan juis om die helende en genesende versoening van Afrikanerskap met ten volle Suid-Afrikaner wees.

Die bevoorregting wat hulle in die verlede geniet het, het Afrikaners toegerus met 'n ryk skat aan vaardighede, kennis en kulturele middele. En dit is waarom ek by wyse van 'n vraag die voorstel aan Afrikaners gemaak het: is dit, het ek gevra, nie 'n meer skeppende opsie vir Afrikaners om hulself onmisbaar te maak vir die nuwe nie-rassige Suid-Afrika nie? Is dit nie meer kreatief om hulself te defi- nieer en uit te leef as 'n onmisbare bron van kundighed waardeur groei en ontwikkeling bereik kan word in dens van 'n beter lewe vir alle Suid-Afrikaners?

Dit bring 'n mens dan onmiddellik by die onderwerp van die rol en funksie van 'n universiteit soos Potchefstroom.

The universities have a central and key role in making South Africa the winning nation we wish to be. Without a high level of scientific, technical and broad intellectual expertise, spread throughout all sectors of society, we will not be able to build a sustainable and durable society of prosperity for all and lasting peace and democracy.

This means for the universities, as for all institutions of our society, that it cannot be a case of business as usual. Transformation means that all sectors of the university shall be engaged in the thoughtful search for what needs to be changed to best meet the needs of our newly defined society.

For the universities I want to suggest that the challenges of transformation revolve around three broad areas, that of access, relevance and excellence.

South African universities are public national assets. It is simply not acceptable in an ters that any of those assets are not utilised to serve the broad South African population. This would refer to the admission of students, the recruitment and appointment of scientific and other personnel and the governance of the institutions.

Because the full participation of all of you in our rainbow nation is of so much importance to me, I have followed the transformation process at your university with great interest. I am impressed by the university's commitment to the principles of the Reconstruction and Development Programme, and its preparedness to involve all stakeholders. This of course is easier said than done, because some of the most important stakeholders who must benefit from your commitment to the RDP, have not traditionally been associated with Potchefstroom University. It is my impression that while a number of consultations and forums have already been held, much more needs to be done to truly involve the majority of those who have been disadvantaged under apartheid, and to determine how your university can truly become a part of the whole community of the North-West Province.

In hierdie proses sal daar onvermydelik diepgaande vrae wees wat vierkantig in die oe gekyk moet word: In hoe 'n mate help of verhinder die huidige definisie van Potchefstroom as 'n inrigting vir Hoer Christelike Onderwys, en met Afrikaans as medium, u in u pogigs om werklik die breer gemeenskap te dien? As ek die vrae stel, is dit hoegenaamd nie as 'n aanval teen Christendom of teen Afrikaans nie; met die vrae suggereer ek nie eers enige spesifieke antwoorde nie.

Wat ek wil illustreer, is dat in ons nuwe omstandighede, ons nie maar net sonder nadenke op die ou wee kan voortgaan nie. Al ons vertrekpunte en wyses van handel, moet opnuut aan ondersoek en ondervraging onderwerp word. En gesamentlik moet ons by antwoorde uitkom.

Transformation, though, is not only about broadening access at all levels and about making our activities more relevant to the demands of the times; the pursuit of quality education is an equally essential component of this transformation. It is incumbent upon all of you, the students of this institution, to ensure that while you are engaged in the burning questions of transformation, your primary task of equipping yourselves academically and intellectually, and of searching after excellence for yourselves, your institution and your country, is not neglected or compromised. The future of our country depends upon your attainment of excellence and quality to an extent that I think is often not realised.

Ek bedank u weer eens vir die geleentheid om hier te kon wees. Laat ons aan die werk spring!

Dankie.

Source: Nelson Mandela Foundation

Facebook