banner

 

 

Address by President Nelson Mandela during a dinner hosted by Mimosa Rolprentproduksies

22 August 1996

Meneer die Seremoniemeester;
Voormalige Staatspresident Mnr P W Botha en Mev Botha;
Premier Lekota;
Hoogwaardigheidsbekleers;
Sakeleiers van Suid-Afrika en van die Buiteland;
Dames en Here,

Dit is vir my 'n groot voorreg om vanaand in u midde te kan wees hier in die hart van die Vrystaat, en om die warm gasvryheid van die Vrystaat te geniet.

Versoening en die bou van nasionale eenheid le my baie na aan die hart. Die Vrystaat is 'n model van versoening in ons land, en dit is daarom dan ook vir my so 'n besondere voorreg om hier te kan wees vanaand: in hierdie provinsie waar die afstammelinge van Moeshoeshoe en die Trekkers, die agter-kleinkinders van Adam Kok en die Britse setlaars, hande kon vat om saam te werk vir die verbetering van die lewe van almal in die provinsie; die provinsie waarin mense wat hul historiese inspirasie put uit die werke en lewens van sulke verskillende figure soos 'n Sol Plaatje, Generaal Christiaan de Wet, Bram Fischer of Emily Hobhouse, vandag saamwerk rondom 'n gemeenskaplike lojaliteit aan 'n verenigde, demokratiese, nie-rassige en nie-seksistiese Vrystaat.

Hierdie stad, Bloemfontein, dra in sy geskiedenis soveel drade van die ryk-geskakeerde geskiedenis van ons land; dit was die setel van een van die ou trekker-republieke waar die anti-imperialistiese vryheidstrewe van een groep saamgeleef het met die ras-gebaseerde uitsluiting van ander inwoners van die streek; dit is die geboortestad van die nasionalisties-gesinde politieke party van wit Afri- kaners, sowel as van die nasionale bevrydings-beweing van die Suid- Afrikaanse meerderheidsbevolking. Vandag is dit die setel van 'n demokraties-verkose provinsiale regering wat 'n skitterende voor- beeld stel van hoe daar saamgewerk kan word om die groter onthalwe van die provinsie en al sy mense.

Hierin le die ware skoonheid van die Vrystaat - in sy versoenende en simpatieke inwoners. Ons verheug ons oor wat hier bereik is omdat dit bewys dat dit inderdaad moontlik is om 'n nuwe Suid-Afrikaanse nasie te bou. Ons weet egter ook dat hierdie pad van versoen- ing 'n lang pad is. Ons behoort onsself deurgaans daaraan te herinner dat versoening 'n twee-rigting proses is. Dit behels nie die op-sleeptou-neem van witmense deur 'n swart agenda, of swartmense deur 'n wit agenda, nie.

Soos ons strewe om te doen met die Waarheids en Versoenings Kommissie, behoort ons op alle terreine te doen; naamlik, om met eerlikheid te kyk na die optredes en prestasies van ons verlede, en ons af te vra hoe dit voorgekom het vir andere, en watter belange daardeur gedien is. En ons almal, wit en swart, moet onsself telkens afvra: is ons besig om die nodige veranderinge aan te bring en te ondergaan wat vereis word deur ons gesamentlike toewyding aan 'n demokratiese samelewing?

Die stabiliteit wat met versoening gepaard gaan, is van uiterste belang ook vir die ekonomiese toekoms van die provinsie. Net so is die ekonomiese klimaat weer van sleutel belang om die gemeenskapsgevoel en stemming te bepaal. Daarom waardeer ek dit dan ook om hier te kan ontmoet met sake-leiers van die Vrystaat. Dit gee my die geleentheid om nogmaals te beklemtoon dat dit noodsaaklik is vir die regering en die privaat-sektor om hande te vat en saam te werk ter bevordering van groei en ontwikkeling waaruit al die mense van die provinsie, sowel as beleggers, voordeel kan trek.

Die regering se makro-ekonomiese plan bied so 'n raamwerk waar- binne die regering en die privaat-sektor kan saamwerk in die skep- ping van groei, werksgeleenthede en die middele vir 'n voorspoedige Suid-Afrika vir al sy inwoners. In alle aspekte van daardie plan is daar opwindende geleenthede vir die Vrystaat.

Daar le groot potensiaal vir groei en ontwikkeling opgesluit in die provinsie se landbou-sektor; die sterk aanwesigheid van die mynbouwese; en in die belowende moontlikhede van toerisme en die konferensie-bedryf.

Om daardie potensiaal te verwerklik, vereis beleggings. Vertroue aan die kant van oorsese beleggers sal afhang van die toewyding wat plaaslike privaat-beleggers vertoon. Die aankondiging van 'n R350 miljoen belegging om Bloemfontein se Mimosa Mall uit te brei en op te gradeer, was 'n duidelike verklaring van vertroue in die toekoms van die streek deur plaaslike en nasionale sakelui.

Die hervestiging van Mimosa Film-ateljees na Bloemfontein, sal ook bydra om verskeidenheid te bring in die provinsie se ekonomie. Dit kan ook help om hierdie provinsie deel te maak van die transformasie en ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse rolprent-bedryf.

Soos op meeste gebiede, sal die transformasie van hierdie bedryf natuurlik ook nie 'n maklike proses wees nie. Die middele, vaardighede en ervaring wat oor jare versamel is onder die ongelyke omstandighede van ons verlede, sal nou oopgestel en gedeel moet word met 'n veel breer groep van deelnemers. Om die gevolge van die uitsluiting van meeste Suid-Afrikaners uit die rolprent-bedryf reg te stel, sal spesiale pogings en maatreels vereis.

Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse rolprent-bedryf tot sy volle potensiaal, is 'n saak van groot belang vir die Regering. Die Departement van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie is besig met die snelle beleidsontwikkeling waardeur die opwindende hergeboorte van die Suid-Afrikaanse rolprent ingelei sal word.

'n Suid-Afrikaanse rolprent-bedryf waardeur mense hul eie ver- hale kan vertel en hoor, is belangrik vir die ontwikkeling van 'n nasionale bewussyn, as viering en bevestiging van dit wat ons gemeenskaplik het sowel as van die ryke verskeidenheid van ons gemeenskappe. 'n Lewenskragtige rolprentbedryf sal ons help om ons probleme te verstaan en in die gesig te kyk eerder as om die aandag daarvan te probeer aftrek. Ook om die werklikhede van Suid-Afrika aan die wereld oor te dra.

Die Regering beplan 'n Groei-strategie vir die Kultuur-indus- triee. Dit behels, ondermeer, 'n ondersoek na die dinamika van die rolprent-bedryf, om vas te stel waar blokkasies voorkom en hoe die Regering kan help met die ontwikkeling van die bedryf. Daar sal 'n forum gestig word waar al die belanghebbendes bymekaar kan kom om 'n groeiplan op te stel.

Dit word wereldwyd aanvaar dat die ontwikkeling van 'n sterk rolprent-bedryf 'n mate van regeringsteun benodig. In die opsig sal ons 'n breuk maak met die verlede toe 'n groot deel van die beskikbare subsidie na 'n handjievol rolprent-makers gegaan het. Die klem sal nou val op duidelike maatstawe en deursigtige werkswyses, en op ontwikkelings-doelstellings soos, byvoorbeeld, die aanmoediging van jong rolprent-vervaardigers, die opspoor van nuwe talent, die lok van buitelandse beleggings en die bevordering van werksverhoudinge met ander lande.

Ons verwag dat 'n tussentydse Rolprent-fonds binne enkele weke op die been sal kom. Teen die eerste helfte van aanstaande jaar behoort 'n statutere befondsings-liggaam, "The National Film and Video Foundation", aan die gang te wees.

Ek het vanaand bewustelik in besonderheid klem gele op hierdie aspekte, omdat dit ter sake is aangesien ons gasheer 'n rolprent- vervaardiger is. Maar dit werp ook lig op wat besig is om op ander terreine van die regering te gebeur. Ons is ver verby die stadium van beleids-formulering en debat; ons is besig om dit in werking te stel saam met ons sosiale vennote.

Die Regering het bewys gelewer van sy toegewydheid tot die skepping van 'n klimaat bevorderlik vir ekonomiese groei, en die daarstelling van 'n vennootskap met die provinsies en die private sektor.

Die kwessie van geweld mag miskien nie onmiddelik ter sake wees vir vanaand se onderwerp nie, maar ek wil tog graag 'n enkele opmerking daaroor maak. Die regering se gemoeidheid om 'n klimaat vir ekonomiese groei te skep, behels ook voorkeur-aksies om diegene wat verantwoordelik is vir misdaad en geweld, aan die man te bring. En ek vra my af: het die tyd nie aangebreek vir alle besorgde mense om hul volste ondersteuning en samewerking aan die polisie te gee in 'n vennootskap om die reg te laat seevier?

Hierdie streek het, dwarsdeur sy aangetekende geskiedenis, leiers van formaat op elke gebied opgelewer. Ek het volle vertroue dat sy huidige sakeleiers weereens ten volle opgewasse sal wees vir die uitdagings om van die Vrystaat 'n wen-provinsie te maak.

Ons kan egter nie hierdie aand laat eindig sonder om erkenning te gee aan 'n besondere Vrystaats-gebore leier in ons midde. Die aanwesigheid saam met my hier vanaand van oud-Staatspresident P W Botha, is nog 'n teken van hoe ver ons in hierdie land geloop het op die pad van versoening en genesing. En dit gee ons die geleentheid om erkenning te gee aan die baie belangrike rol wat hy gespeel het om daardie pad te baan, en dit moontlik te maak vir ons om almal so saam hier bymekaar te kan wees.

Laat ons almal hane vat om 'n beter lewe vir ons mense te skep. Laat ons die nuwe eeu binnegaan in 'n vennootskap vir voorspoed.

Ons is so suksesvol soos wat ons graag wil wees. Met u hulp en vertroue in die toekoms van Suid-Afrika, kan ons land een van die grotes in die wereld wees.

Dankie

Source: Nelson Mandela Foundation

Facebook