banner

 

 

Toespraak deur President Nelson Mandela tydens ontvangs van ere-burgerskap van Paarl

29 Oktober 1996

Geagte Burgermeester;
Geagte Raadslede;
Inwoners van Paarl;
Dames en Here

Dit is vir my 'n besondere groot voorreg om vandag hier met u te kan wees. Ek is diep geraak daardeur dat ek vandag vereer word deur die inwoners van 'n dorp waar ek voorheen as gevangene tyd deurgebring het. Dit is egter ook 'n dorp wat ek as my tuiste aanvar het, omdat ek geweet het dat die meerderheid van die inwoners my as hul bloed en vlees aanvaar het.

Toe ek in Februarie 1990 uit Victor Verster-gevangenis gestap het, was dit met 'n hart vol hoop vir ons toekoms. Ek bedank u vir die geleentheid om te mag terugkeer om die Vryheid van Paarl te ontvang; om dit te ontvang van mense wat nou weet hoe dit voel om hul verteenwoordigers self te verkies - sy dit as nasie, as provinsie of as dorp. Dit was 'n lang pad, maar vandag is ek hier, vas in die oortuiging dat ons stewig op die weg is na 'n beter lewe vir almal.

Dit is altyd 'n groot vreugde om hier te kan wees in die pragtige vallei wat soveel digters besiel het; in hierdie plek wat wereld-wyd bekend is vir haar skoonheid; onvergeetlik vir enigeen wat ooit hier gewoon het. Die stem mens tot nederigheid om te mag staan in 'n kleinerige dorp wat deur die kaliber en gehalte van haar inwoners 'n diep kerf op die boom van ons geskiedenis gelaat het; 'n dorp wat verbind word met baanbrekers op verskeie terreine.

Vandag erken ons dat die bydrae tot die ontstaan en ontwikkeling van die Afrikaanse taal meer geskakeerd en kleurryk is as wat op 'n sekere tydstip te kenne gegee is. Geen herskryf van daardie geskiedenis sal egter die baanbrekers-bydrae van Paarl tot die amptelike erekenning van Afrikaans, kan misken nie.

Die verloop van ons geskiedenis en die aard van magsverhoudinge het bepaal dat hierdie mooi taal sedertdien ook gekoppel is aan onreg en onderdrukking. Nou staan ons egter weer voor die wonderlike geleentheid om Afrikaans te laat groei en gedy as 'n taal van al die mense, in al haar rykdom en verskeidenheid.

Die KWV-hoofkwartiere is 'n monument tot die bydrae wat die vroee wynbouers van hierdie gebied tot ons wynbedryf gemaak het. Laat ons nou hulde bring aan die slawe wat vir geslagte lank sonder dank hier moes arbei; aan die plaaswerkers wie se regte deur apartheid ontneem is; en aan diegene wat vir hulle swoeg en sweet tot die dop-stelsel verdoem is. Al hierdie mense het saam bygedra om die fondamente te le van ons wyn-bedryf; 'n bedryf wat vandag die vermoe het om ons uitvoer en ons toeriste-bedryf enorm te stimuleer.

Dit is ook vir my van besondere betekenis om my verbintenis met Paarl te kan deel met 'n hele paar uitsonderlike vroue wie se opofferings die vlam van vryheid brandend gehou het. Ek dink, byvoorbeeld, aan Lizzy Nomaliso Phike. Ray Alexander, Lizzie Abrahams. Elizabeth Mafikeng en soveel ander leiers in die gemeenskap se weerstand teen apartheid.

Vandag moet ons ook dink aan die slagoffers van apartheid. Die name van sommige het slegs bekend geword vir die wyer publiek toe die Waarheids- en Versoeningskommissie onlangs hier vergader het. Die verskyning van die N G Kerk se Ring by daardie verhore het 'n baie sterk boodskap uitgestuur dat ons besig is om die verlede te oorkom terwyl ons die nuwe nasie bou. Die baanbrekers-karakter van daardie optrede, die nederigheid en eerlikheid daarvan, het 'n ontsaglike stoot gegee aan die helings-proses.

Ons sien dieselfde verbintenis tot eenheid in die wyse waarop die demokraties-verkose en verenigde Raad verskille ter syde gestel het om die groter onthalwe van Paarl.

Dit is deur op die wyse saam te werk dat ons die las en erfenis van apartheid sal kan aanspreek. Plaaslike demokrasie bring aan u, die mense van Paarl, die middele om self verantwoordelikheid te neem vir u toekoms. Dit sal u in staat stel om die uitdagings voor u met eie krag aan te pak - tesame met die res van ons nasie.

Vooraan staan die uitdaging om te verseker dat ons demokraties verkose plaaslike owerhede doeltreffende middele word vir die verbetering van die lewens-gehalte van al ons mense.

Stil en sonder die publisiteit van die stede, is u besig om te lewer aan diens-verbetering: planne om teen die einde van hierdie boekjaarelektrisiteit, riolering en afvoer-water aan al die inwoners van Paarl te voorsien, vorder goed. Ook op die behuisings-front is die vordering bemoedigend en 'n riem onder die hart.

Baie belangrik is die ooreenkoms tussen die plaaslike raadslede en gemeenskaps-organisasies betreffende betaling van diensgelde en huur. Die uitvoering hiervan sal help om ons demokrasie te laat werk.

Masakhane beteken vennootskap; dit beteken dat ontwikkeling almal moet bevoordeel, nie slegs sommige mense nie. Om die wan-balanse van die verlede reg te stel, sal krag en geduld vereis. As die vervanging van verouderde onderwys- en gesondheidstelsels deur nuwe en beter stelsels vereis word vir die beswil van Suid-Afrika se mense, dan is dit wat ons moet doen. U eie stadsraad voorsien 'n skitterende voorbeeld in die verband.

'n Verdere groot uitdaging is om ons swaar-gewonne vryheid te beskerm teen diegene wat dit bedreig deur misdaad en bende-bedry- wighede. Die stigting van drie gemeenskaps-polisie-forums in die Paarl omgewing is 'n blyke van die Polisie se vasberadenheid om met die gemeenskap saam te werk. Hulle doen dit ten spyte van die skaarste aan middele waaronder hulle gebuk gaan. Hulle benodig en verdien u ondersteuning. Daardeur sal misdadigers en bende-lede duidelik die gesamentlike boodskap kan hoor dat daar geen plek vir hulle in die Paarl is nie.

We all know that as well as firm policing, there must be sustained economic growth and development if we are to reduce the level of crime to a minimum. Government has set up a macroeconomic framework for business, labour and government to work together for faster growth. This will create more jobs and it will produce the resources for reconstruction and development. Your challenge is to make sure that these three partners join hands to make paarl flourish.

Manene nani manenekazi;
Zihlobo ngobubanzi,

Ngo Meyi kulonyaka uphelileyo ndiye ndanikezelwa igunya laledolopu nguMasiapala wenu. Bekuphambi kokuba kubekho ibhunga elonyuliweyo ngoko. Kodwa ubukho benu apha bubonakalisa ukuba elibhunga lethutyana liyayazi kwaye liyayigonda imingweno yenu.

Iziphumo zonyulo orhulumente bekgila ngo Novemba zibonakalise ukuba iPaarl ngokwenene iziphosele ngasemva izantlukwano zangaphambili; nayo ingwenela ukuba yinxalenye yoMzantsi Afrika omtsha.

Ek is trots om 'n burger van Paarl te wees, want ek is vol vertroue dat die mense van Paarl hulself getrou sal bewys aan die beste aspekte van hul baanbrekers-geskiedenis. Die tyd vir nuwe baanbrekers het aangebreek - mans, vroue en jongmense wat daad- werklik sal deelneem in die bou van 'n nuwe gemeenskap wat 'n beter lewe vir almal sal verseker.

Ek bedank u.

Uitgereik deur: Die Kantoor van die President

Source: South African Government Information Website

Facebook