banner

 

 

Address by President Nelson Mandela on visiting the Paballelo Community Project, Upington

28 August 1998

Sake-leiers
Premier van Noord-Kaap Provinsie
Burgermeester en Gemeenskap van Paballelo en Upington
Dames en Here

Dis vir my 'n baie groot eer en voorreg om vandag die Paballelo gemeenskapsprojek te kan besoek, veral omdat dit tot voordeel en diens van ons bejaardes is.

Miskien moet ek byse dat ek, as tagtig-jarige, 'n besondere belang het in sulke sake!

'n Samelewing wat sy bejaardes verwerp of verwaarloos, het geen self-respek nie, want hulle is ons moeders en vaders, grootouers en groot grootouers. Hulle is 'n belangrike deel van ons samelewing; hulle is die geslag wat opge-offer en gestry het om vryheid en demokrasie na ons land te bring.

Vele van hulle het hard gewerk onder sware omstandighede - as huisbediendes, en arbeiders in die myne fabrieke en op die plase. Hulle het groot opofferings gemaak om die onthalwe van hul kinders en gemeenskappe.

Hierdie regering is verbind tot die welvaart van ons bejaardes. Projekte soos die Thembelihle Diens-Sentrum vir Bejaardes is deel van daardie verbintenis.

Bejaardes verdien om bemoedig te word, hoop gegee te word en verstrek te word met die wil om die lewe. Ons moet omstandighede skep sodat my tydgenote voorsien is van die basiese lewensmiddele soos kos en behuising.

Ons ken almal en ons het hoe agting vir Upington se merkwardige geskiedenis van weerstand teen onderdrukking en maatskaplike verwaarlosing. Die mense van hierdie dorp het bo die neerdrukkende omstandighede uitgestyg en saam geveg om verandering in die land teweeg te bring.

Nou behoort ons weer as gemeenskap, privaat-sektor en regering hande te vat in die stryd teen armoede, werkloosheid en misdaad wat soos plae ons land tref.

Ons jong demokrasie het ou en swaar probleme uit die verlede ge-erf maar ons is stadig maar seker besig om vordering te maak. Die werksprogramme waardeur elektrisiteit, water, telefoondienste, gesondheidsorg en ordentlike onderwys aan mense voorsien word, is besig om die lewens van miljoen te verander.

Ons het 'n goeie begin gemaak, maar daar is nog 'n baie lang pad voor. Die uitdaging is nou om die spoed van dienslewering te versnel. Maar dit is nie iets wat die regering op sy eie kan doen nie; ons benodig 'n vennootskap tussen die regering en alle sektore van die samelewing.

'n Onmisbare skakel in daardie vennootskap is die sake-gemeenskap

Ons is op die oomblik besig om, saam met die georganiseerde arbeid, gemeenskaps-organisasies en die sake-sektor, voor te berei vir 'n sogenaamde "Job Summit" wat die pad moet aanwys vir die skepping van werksgeleenthede in die land.

It is a special pleasure to be able to take this opportunity today, while visiting the sites of RDP projects which will create jobs by bringing services to communities, to be able to make an important announcement about the Jobs Summit.

Broad consultations, with NEDLAC and beyond, have brought us to a stage where there is a high degree of consensus among the social partners. I am therefore pleased to be able to announce that the Summit to be held on Friday 30 October.

I remain convinced that this Jobs Summit is perhaps the most important event since our first democratic election. It brings us an opportunity, as a nation, to make a practical impact on the scourge of unemployment and to commit ourselves to eventually eliminating it.

'n Hele aantal sakelui het ook al die hand uitgesteek om ons te help met projekte om in die basiese behoeftes van gemeenskappe te voorsien - deur die bou en opgradering van klinieke, skole en hospitale. Sodoende is hulle besig met die heropbou van ons land en die afbreek van die verdelings van die verlede.

Gemeenskappe moet self ook betrokke wees by die opheffingsprojekte, want sonder hule deelname kan hierdie projekte nie slaag nie. Mense behoort nie terug te sit en wag dat dinge gebeur nie, maar moet projekte in hul gemeenskappe aan die gang sit. Op die manier help u nie uself nie, maar ander rondom u.

As die gemeenskap van Upington en die sake-leiers vandag met die regering hande vat, sal die bejaardes van die gemeenskap baat vind. Die Thembelihle Diens-Sentrum sal staan as 'n monument van ons liefde en agting vir hulle; en van die vennootskap waardeur ons ons land sal genees en herbou.

Ek bedank u.

Source: Nelson Mandela Foundation

Facebook