banner

 

 

Address by President Nelson Mandela during a visit to a community project, Garies

12 October 1998

Besigheidslui,
Premier van die Noordkaap,
Die Burgermeester en Gemeenskap van Garies,
Dames en Here

Laat my asseblief toe om eerstens verskoning te vra aan die gemeenskap van Garies vir die feit dat my vorige besoek, weens tegniese probleme met ons helikopter, op sulke kort kennisgewing gekanselleer moes word.

Ek is baie dankbaar dat my vriende in die sakegemeenskap hierdie saak as belangrik genoeg beskou om weer vandag hier te wees sodat ons gesamentlik oplossings kan soek vir die nood wat hierdie gemeenskap beleef.

Dit is verder ook van betekenis dat hierdie besoek saamval met die Masakhane Fokus Week. Deur middel van 'n duisend projekte dwarsoor die land, word daar in hierdie week gevier en erkenning gegee aan die krag van vennootskap en selfopheffing, aan bemagting en selfverantwoordelikheid - dit alles in diens van die verandering en verbetering van mense se lewens, en die bou van 'n nuwe Suid Afrikaanse nasie.

Primere gesondheidsorg is 'n basies behoefte in ons lewens. Ons kan nie 'n toestand duld waar ons mense hierdie basiese reg ontse word nie. Daarom is ek dan ook so bly om deel te wees van hierdie belangrike besoek aan die Garies hospitaal-projek, saam met sake-leiers van die Wes-Kaap.

Ons benodig gesondheidsorg-sentrums wat maklik bereikbaar is vir die publiek. Die feit is dat siek en beseerde mense nog steeds weggewys word omdat daar nie plek in ons hospitale is om hulle op te neem nie.

Ons demokraties-verkose regering is besig om dit aan te spreek en te verander deur klinieke te bou en hospitale op te gradeer.

Ten spyte van die beperkte middele en vermoens waaroor ons beskik, is ons besig om vordering te maak met die verbetering van die lewensgehalte van mense; of dit nou is met gesondheidsorg, toegang tot skoon water, elektrisiteit en telefone; of die opgradering van paaie; of die voorsiening van onderwys-geleenthede.

Maar, trots soos ons tereg mag wees op die vordering, besef ons dat dit nog jare sal neem voordat ons aan die behoeftes van al ons mense voldoen het. Dit is 'n taak wat geen regering op sy eie kan uitvoer nie, en dit is daarom dat ons gemeenskappe en die sake-sektor gevra het om in vennootskap met ons hieraan te werk.

Die gemeenskap van Garies het soos enige ander die reg tot ordentlike gesondheidsorg. Ons het almal 'n gesamentlike verantwoordelikheid om ons maatskaplike probleme op te los. Diegene van ons wat, vanwee hul samelewingsposisie in die verlede, vaardighede en middele bekom het, het nou 'n belangrike rol te speel om die lewenstandaarde van die armes te verbeter.

Die Noord-Kaap is 'n provinsie wat gebukkend gaan onder groot maatskaplike en ekonomiese agterstande. Dit is veral so in gebiede soos die afgelee Kalahari, die Karoo en Namakwaland. Ons het 'n verpligting om die lewe te verbeter van daardie mense van hierdie provinsie wat benadeel is deur die apartheidsbeleid van die verlede.

Ek bedank van harte die Wes-Kaapse sake-leiers en verteenwoordigers wat die tyd geneem het om vir hulself te kom sien wat die behoeftes van die Garies-gemeenskap is. Dit is 'n bewys van u belangstelling om 'n bydrae te maak tot maatskaplike projekte wat deur die mense van die provinsie en gemeenskap self voorgestel is.

Elke keer nog dat ek 'n versoek tot sake-leiers gerig het om the help met sulke projekte om die dringendste behoeftes van ons mense aan te spreek, was die reaksie oorweldigend. Dwarsoor die land is daar klinieke, skole en hospitale wat gebou en opgegradeer is met die vrygewige bystand van die privaat-sektor. Dit is 'n klinkende voorbeeld van wat versoening in die praktyk beteken, as mense saamwerk om die erfenis van ons verdeelde verlede ongedaan te maak. Dit is 'n belegging wat in die gemeenskap teruggeploeg word; dit is 'n belegging in die toekoms van ons land.

Gemeenskappe self het ook die verantwoordelikheid om projekte in hul eie midde te begin. Mense behoort deel te neem aan die verandering en verbetering van hul lewensomstandighede. Ons is bewus van die ongelukkige omstandighede waarin u uself bevind. Ons is u regering en is hier om u te dien. Ons kom om na u te luister omdat ons wil voortgaan om saam met die mense te regeer. Dit is verblydend om te weet dat so 'n vennootskap reeds in hierdie provinsie bestaan.

Deur so 'n vennootskap tussen regering, gemeenskap en privaat-sektor, kan ons die visie van 'n beter lewe vir almal verwerklik.

Ek bedank u een en almal.

Issued by: Office of the President

Source: South African Government Information Website

Facebook