banner

 

 

Address by President Nelson Mandela during visit to Riemvasmaak

17 May 1999

Dames en here;

Baie dankie vir die geleentheid om vanooggend hier saam met julle bymekaar te kan kom. Ek is veral bly om te sien dat mense van al die gemeenskappe hier teenwoordig is. Hierdie gemeenskap het in die verlede erg gely onder die verdelings wat apartheid tussen mense gebring het. Dit is goed om te sien dat die gees van eenheid en samewerking tussen al ons mense weer aan die opbloei is.

Ek het vanoggend sakelui met my saam gebring. Laat ek hulle aan julle voorstel.

Vandat ek vrygelaat is, het ek begin om besigheidsmense saam met my te nooi na die armer dele van ons land. Ek wou he hulle moes sien hoeveel nood daar nog in die land is, en hulle dan vra om te help met die regmaak of bou van geriewe vir die gemeenskappe waarheen ek hulle neem. En ek kan vir u se dat ek nog nie een keer nee as 'n antwoord gekry het nie. Dit is daardie gees van bereidwilligheid om saam te werk wat my soveel moed gee vir die toekoms van hierdie land.

Ons weet dat daar nog baie gedoen moet word voor ons kan se dat die lewens van al ons mense verbeter het. Maar daar het ook al baie gebeur om die lewens van miljoene mense te verander. Deesdae is daar in baie plekke skoon lopende water wat voorheen nie daar was nie; baie meer mense het huise en elektrisiteit; en daar word skole en klinieke gebou. Maar ons kan hierdie dinge net regkry as ons saamwerk. Die regering kan dit nie alleen doen nie; hy het die samewerking van die besigheidmense nodig. End die gemeenskappe het 'n belangrike rol om self aan te dui wat hul behoeftes is en om hulself te help.

In hierdie gemeenskap is die groot behoefte aan gesondheidsorg uitgeken as een van die dringendstes. Solank mense gebukkend gaan onder die siekte-toestande wat nog hier voorkom, kan ons nie se dat daar 'n beter lewe vir al ons mense gebou is nie. Dit is daarom dat ons vanoggend hier is - om in samewerkin g met mekaar te help verbeter aan mense se lewensomstandighede.

Oor twee weke is dit weer tyd vir Suid-Afrikaners om te gaan stem. Ek hoop dat al die grootmense hier geregistreer het en sal gaan stem. Dit is slegs deur deel te neem en ons regte te gebruek, dat ons 'n beter lewe vir onsself kan maak. Gaan na die stembus en laat jou stem tel. Die land behoort nou werklikwaar aan ons almal en ons het'n plig om te help besluite neem vir die land.

Ons is vandag hier saam bymekaar vir 'n baie besondere rede. Saam met my is van die besigheidsmense wat wil help om 'n beter lewe vir gemeenskappe wat benadeel is deur die apartheidsbeleid van die verlede, aan te bou. Ek bedank hulle van harte dat hulle die tyd geneem het om vir hulself te kom sie wat die behoeftes van die Riemvasmaak-gemeenskap is.

Ek nooi hulle nou uit om self te verdudelik hoekom hulle hier is.

Baie dankie dat julle na my geluister het.

Source: Nelson Mandela Foundation

Facebook